Kom kamp in tente en jag springbokke hier by ons in die hartjie van die Karoo op die plaas Kleinkraanvoelkuil 40 km buite Beaufort Wes.
Kom herontdek jouself hier in die natuur se stilte kilometers van die naaste beskawing.
Kampplek is eksklusief en hoef nie met ander gedeel te word nie. U het dus al die stilte en privaatheid waarna u soek.
Die kampterrein het 'n donkie vir warm water en geen elektrisiteit nie. Daar is geboude toilette en bad/stort.
Hout vir die donkie en braai word te koop aangebied.
Die volgende pryslys word aangebied vanaf Mei 2026
Voorsit Springbok Jag
Alle pryse sluit BTW uit
(BTW word op totaal van faktuur bygereken)
Akkomodasie R250 pppn (eie tente kamptoerusting)
Springbok R1200
Koedoe R45/kg minimum R3500
Springbok jag voorsit veldfooi R500pp (Minimum 6 persone met gewere vir voorsit jag)
Slagfooi R80 /springbok
R250/koedoe
Walk a Stalk
Walk a stalkers betaal nie dagfooi nie, maar 'pickup' fooi van R500 as ons bokke moet gaan haal in veld.
Persone wat net kamp en stap kan kleiner groepe wees as 6 maar betaal R350 kampfooi.
(Daar was 'n misvertand aangaande kampfooie, hou in gedagte dat die kampfooi van R350 geld vir almal wat kom as walk a stalkers, op hul eie jag of net kamp. Die R250 kampfooi is vir voorsit jag groepe van 6 jagters en meer wat dan ook addisionele dagfooi betaal vir die uitneem veld toe en aanjaag van bokke)
1 Bok per nag geslaap toelaatbaar per persoon
For reservations and more information you can contact us at the following:
Cell : 0849043353
E-mail : karoospringbok@gmail.com



